Welkom by ons Webwerf

Ons bied 'n verrykte program aan waarin kleuters volgens eie keuse aan spontane sowel as georganiseerde aktiwiteite kan deelneem.

Etos


Ek onderneem om as beelddraer van God, my tot kwaliteit dienslewering, hoë gehalte onderwys en verantwoordbare opvoeding aan die ouers en kleuters van Gogga-Jantjies Kleuterskool te verbind.
My opvoedingstaak geskied vanuit 'n Christelike lewensoortuiging, wat as grondslag dien vir die totaliteitswording van elke kleuter.
Ek glo dat 'n eerlike, vriendelike, belangstellende, regverdige, konsekwente en lojale skoolmilieu geskep moet word waarin elke kleuter tot selfstandigheid, verantwoordelikheid en medemenslikheid kan ontwikkel.
Ek strewe daarna om as professionele opvoeder op hoogte van opvoedkundige denke en ontwikkeling te bly.
Ek beloof om deur persoonlike gedrag, selfmotivering en ywer 'n sinvolle bydrae te lewer tot optimale produktiwiteit en die uitbouing van die beeld van die elke kleuter. 


"Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele."
Matteus 19:14

Missie


Om stimulerende omgewing te skep waar kleuters die nodige ontwikkelingskomponente kan bemeester deur te speel en self te ontdek. Om verskeidenheid aktiwiteite te voorsien aan die kleuter en die geleentheid om pro-aktief te werk aan al die skoolgereedheidskomponente sonder om aan formele leer deel te neem.


"Ek vertrou, ons hemelse Pappa vir ‘n jaar van opwinding, gesonde kinders, geslaagde doelwitte, drome wat bewaarheid word en warm gevoel van omgee en ‘n oorvloed van liefde by my kleuterskool."
Juffrou Liezel

Kontak Ons

© Kopiereg 2024 Gogga-Jantjies - Alle Regte Voorbehou